Karoo kids Uitgawe 2, 2016 | Page 45

Waar die badkamer seker moet wees, hang daar stukkies bokkie binnegoed van drade van die dakblake af. Die mure is geel geverf met smerige bobbejaan hand afdrukke orals. Op die vloer le hope as en ‘n paar ou stewels. I die slaapkamers is dit aaklig. Dis duidelik dat bobbejane hier bly. Toe ons terug stap, vlieg ‘n nonnetjies uil op, deur ‘n gat in die dak. Ons loop om die huis, baan ‘n paadjie deur die onkruid. Ons moet omloop o die ander deel van die huis te kan sien. Daar is die vertrekke vol strooi, bestrooi met beesmis. As jy opkyk kan jy al die gaatjies in die sinkplate sien. Ons baan ons weg verder, tot by die landjies. Daar kry Oom Baan ons. Hy gaan vir ons die plaas wys.

Ons hoor later, toe ons klaar die plaas gekoop het en besig is om die huis reg te maak, dat die plaas56 jaar leeg gestaan het. En nou? Nou is dit die tuiste van ‘n mamma, ‘n Pappa, 4 kinders en 2 honde. Die landjies is mooi groen, in die veld wei die lammetjies saam met hulle mammas, die beeste ruik die koel berg luggie, die perde probeer hekke oop maak, en die hoenders skrop in hulle hok.

Hier is vrede.