Karoo kids Uitgawe 2, 2016 | Page 34

Vrae aan ons maters:

Vrae: 1- Wat wil jy word as jy groot is en waar wil jy dan bly?

2-Wat doen jy die graagste as jy klaar is met skool

3-Vertel ons een ding van jouself wat niemand sal kan glo nie.

Hansen Viljoen:

1-Ek wil in die Kaap bly en 'n hokkiespeler word

2- Ek hou daarvan om eksprimente te doen.

3- 'n By het my op my tong gesteek

Marli Geldenhuis:

1- Ek wil 'n boer word en in die Karoo bly

2- Ek wil dan my uithourit perde oefen

3- Ek het 50 km gery, met 'n motorfiets, om 'n bababottel te vat vir Johanneke vir 'n hanslam.

Petrone Fourie:

1- Ek wil in 'n middeleeuse dorpie bly met 'n woud en 'n rivier. O ja, en ek wil 'n joernalis word.

2- Ek lees boek en ry perd

3- Ek hou daarvan om in die bad te slaap