gekeer nie! In 1682 het sy die goewerneur, Simon van der Stel gevra vir 25 morge grond aan die voet van haar geliefde Steenberg. Party se die goewerneur was verlief op haar, en ander se hy het net van haar ongewone doen en late gehou.
n elk geval, sy het haar versoekte stukkie grond gekry. 'n Gawe man, Metthys Michelse het haar gehelp om aan die gang te kom en het toe haar vyfde en laaste man geword. Hy het haar oorleef, tot sy dood is op die vrooe ouderdom van 67 jaar. Later het sy die die goewerneur weer gaan spreek, oor 'n wetlike titelakte. Sy het nou volle reg gehad om te ploeg te saai en het die plaas wetlik besit.
En so is Catharina Ras die heel eerste vrou in Suid Afrika wat grond besit het, en haar plaas Steenberg die eerste gerigestreerde plaas. Die Steenberg wynplaas staan tot vandag toe nog, in volle glorie.
Catharina en Hans Ras se dogter, Maryna Ras, het getrou met die heel eerste Strydom, Joost Strydom.
Stuur vir ons jou geskiedenis na [email protected].