Marco Wasserman Tennis Toernooi
'n Paar tuisskolers het op 19 en 20 Augustus as span Karoo aan die Marco Wasserman toernooi deelgeneem wat in Middelburg plaasgevind het. Die seuns en dogters wat aan die dubbels, en gemengde dubbels toernooi deelgeneem het was: Jannie, Keith, Driku, Hendru, Brendan, Anna, Lienke, Tammie, Tessie en Sarah. Die spannetjie het in die B-liga gespeel waar hulle teen De Aar, PJ Olivier en Middelburg Hoƫrskool moes kompeteer het. Die kinders het hulself gate uit geniet en die ouers het selfs kans gesien om die koue te trotseer om die span te ondersteun. Die spelers het hulle als gegee op die baan en net hulle beste probeer. Na n spanningsvolle wag het span Karoo 'n onverwagste skok gekry by die prysuitdeling; hulle het die B-liga met 21 potte gewen!..
Lienke Viljoen (16)