Karoo kids Uitgawe 2, 2016 | Page 24

Een donderdag oggend sien ek drie wilde duifies in ons druiwe hok. Al drie duiwe was beseer en daarom was dit maklik om hulle te vang. Die een duif se vlerke was gebreek, maar gelukkig was die ander piekfyn. Ek het vir hulle, beseerde bekkies salf op hulle bekkies gesit en hulle vrygelaat. Ek het probeer om die ander een ook vry te laat, maar toe sien ek dat hy nie kon vlieg nie. Ek het hom in ‘n hokkie gehou totdat sy vlerke gesond was. Ek het hom party keer in die druiwe hok gesit by ons wit lag duiwe, omdat hy alleen was en die druiwe hok baie groot was.’n Week later was sy vlerke gesond en ek het hom weer vrygelaat. Hy kom baie keer terug en kom sê” hallo”. Ek laat hom weer vry, omdat ‘n wilde dier in die wild hoort.

Duiwe

Anja Loubster(11)