Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 9

DEUR DIE LENS

Agter die galgehumor lê’ n liefde vir perde wat al van kindsbeen af saam met hom loop. Charl het oor die jare met volstruise, skape en melk geboer, maar saalperde het hom reeds in 1975 by’ n skou in Bloemfontein bekoor.

“ Kyk, hulle sê mos as die Vader jou die dag behoorlik wil straf, maak Hy jou lief vir perde. So die perde is seker maar deel van my straf,” skerts hy.

Vandag speel die egpaar Carlos en Reoné Tutton’ n sleutelrol by Chanone Stables. Reoné,’ n voormalige Springbokruiter, is voltyds by die teelprogram betrokke,

SEPT 2026 GROND TOT MOND 9