Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 8

DEUR DIE LENS

CHARL WILKE | CHANONE STABLES Fotografie: Michel Dei-Cont

Charl Wilke lag wanneer hy oor die ekonomie van sy perde-boerdery praat. Chanone Stables, in die hart van die Oos-Kaap, is’ n teel- en opleidingsfasiliteit waar Suid-Afrikaanse saalperde en Kaapse Boerperde afgerig word en perde ook gehuisves word. Maar, spot Charl, dit is seker die enigste besigheid ter wêreld wat nie met kontantvloeiprobleme sukkel nie:“ Die geld uit my ander ondernemings vloei hierheen, en niks vloei weer uit nie.”

8 GROND TOT MOND SEPT 2026