DEUR DIE LENS
terwyl Carlos die perde afrig. Charl beskryf hulle as twee van die land se beste afrigters. Vir Charl is goeie teling immers net die begin.“ As jy nie iemand het wat daardie perde kan afrig en tot hul volle potensiaal kan bring nie, gaan jy nooit weet hoe goed jy teel nie.”
Reoné meen’ n perd se werksvermoë, temperament en fisieke eienskappe moet reeds in die teling vasgelê wees. Daarna kom die afrigter se werk. Volgens Carlos verg dit bowenal geduld en die vermoë om die dier te lees.
“ Perde kan nie praat nie en daarom moet jy kan aanvoel wat in sy kop aangaan. Nes jy sukkel om die perd te verstaan, sukkel hy ook om jou te verstaan. Afrigting is harde werk, elke dag van die week, maar vir my is dit nie meer werk nie. Dis’ n leefwyse.”
10 GROND TOT MOND SEPT 2026