DEUR DIE LENS
Die gehalte van Suid-Afrikaanse saalperde het volgens Charl die afgelope dekade sterk verbeter namate plaaslike telers toegang tot beter internasionale genetika gekry het. Waar die genepoel vroeër grootliks tot plaaslike hingste beperk was, kan telers vandag dekkings van uitstaande hingste bekom.
“ Daarvandaan het ons telery ontplof as gevolg van die gehalte perde wat ingevoer is. Vandag voer ons perde uit na Amerika.”
Charl weet ook presies waarna hy in’ n goeie saalperd soek.“’ n Hings moet soos’ n hings lyk.” Die nek moet lank en regop wees, die rug kort en die agterkwart sterk.“ Daar sit sy enjin.”
Hoewel daar maklik op die hings gefokus word, is die merrie volgens hom minstens net so belangrik.’ n Uitstekende merrie kan’ n enorme verskil aan die gehalte van die volgende geslag maak.
En die geld? Chanone Stables begin darem deesdae ook self’ n bydrae maak.
“ Ons is baie bevoorreg om perde te verkoop. Dus is ons kontantvloei nie meer uitsluitlik van die melkery afhanklik nie. Ons dra al’ n bietjie by.”
Van al die perderasse bly Charl se voorkeur egter onwrikbaar:“ Die Amerikaanse saalperd bly vir my die beste. Hulle ry soos’ n Cadillac.”
Uitgewer: Meta Publishing Pty( Ltd) Redakteur: Griet du Plessis, griet @ grondtotmond. co. za Skrywers: Danie Keet, Hein Ekstreen, Griet du Plessis en Clivé Burger Fotografie: Mia Truter en Michel Dei-Cont Ontwerp deur Xseeds: Sonja van Huyssteen, Taryn Simpson en Robynne Lewis- www. xseeds. co. za Kantoorbestuurder: Judy-Anne Gone Advertensieverkope: Magdel Pienaar, Magdel @ meta-media. co. za, Ilse Hugo, ilse @ meta-media. co. za Kontak: Kantoorbestuurder: Judy-Anne Gone, 021 882 8591, judy @ xseeds. co. za, Krigestraat 20, Stellenbosch, 7600
Kopiereg: Grond tot Mond September 2026 uitgawe: Alle artikels, foto’ s en inligting hierin bevat, behoort aan Meta Publishing Pty( Ltd) en mag nie sonder toestemming herdruk of gebruik word nie. Die opinies wat uitgespreek word in hierdie publikasie is die van die skrywer en is in geen verband die offisiële opinie van Meta Publishing Pty( Ltd) of van die handelsmerk“ Grond tot Mond” nie.
Printed by
A division of Novus Holdings
SEPT 2026 GROND TOT MOND 11