KLIPFONTEIN | DIVERSIFIKASIE
finaliste vir die Bayer Seed Potato Grower of the Yeartoekenning aangewys is. Hy is dus nie bloot’ n gewone aartappelboer nie, maar het sy merk in die gesertifiseerde moerkwekerybedryf gemaak. Hierdie toekenning is tekenend van Frikkie se bestuurspraktyke en die fokus op die produksie van gehaltemoere.
“ Ons gebruik ons eie koring, gars en hawer en voeg hoëproteïenkragvoer by om die voedingswaarde te verhoog.”
Voor die oes word die aartappelplante doodgespuit om die aartappels te sinchroniseer.“ Fisiologies raak hulle nie almal gelyk ryp nie. Die knolle is klaar gevorm, maar moet gelyk ryp en groter word. Terwyl die aartappels groei, is die skil los van die vleis, maar ná die doodspuit vestig die skil binne sowat drie weke. Die tafelaartappelmanne laat aartappels natuurlik doodgaan en onder die grond doodgaan. Dan word dit ook groter,” verduidelik Erick. Nadat die aartappels geplant is, vermeerder hulle onder die grond en een aartappel inisieer 12 tot 20 knolle, of dalk meer. Moerkwekers spuit die plante dood om die moerpersentasie’ n bietjie hoër te maak.
KOELKAMERS IS DEEL VAN DIE PROSES
Klipfontein Boerdery en Koelkamers is ook’ n naverwerkings- en bergingsfasiliteit. Frikkie vertel dat die koelkamer’ n goeie inkomste skep.“’ n Groot gedeelte van die seisoen is die koelkamer net halfvol, maar vir drie
86 GROND TOT MOND SEPT 2026