Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 87

DIVERSIFIKASIE | KLIPFONTEIN

maande is dit 100 % vol met omtrent 30 000 sakke.” Met die sakke gaan dit oor die gewig of die hoeveelheid aartappels in’ n 25 kg-sak. Dit wissel vir verskillende knolgroottes. As daar te veel knolle per sak is, val die prys nogal skerp. Die moere kan lank in die koelkamer gehou word, met die ideaal so drie tot vier maande. Na ongeveer vyf weke breek die dormansie en word die moere gesinchroniseer sodat hulle, wanneer hulle geplant word, almal gelyk kan uitloop. Dit is’ n belangrike fase van die voorbereiding van die knolle vir die plantseisoen. Die landerye word in vyfjaarsiklusse geplant en elke vyfde jaar word die lande braak gelaat om grondsiektes te beperk. Intussen word weiding op die landerye geplant om die grondgesteldheid te versterk. Sommige produsente

Bo: Die voerpille word van verskillende gewasse gemaak, ook volgens die voorskrifte en vereistes van individuele kliënte.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 87