KLIPFONTEIN | DIVERSIFIKASIE
Avalanche het’ n lang rusperiode / dormansie en kan onder goeie toestande goed bewaar word en word as’ n vroeë hoofseisoenvariëteit beskryf. Die groeiperiode is 70 tot 90 dae vanaf opkoms, afhangend van die seisoen. Dit is droogtebestand. Kenmerkend van die variëteit is die relatief kort groeiseisoen en eenvormige knolle. Die opbrengste is goed en gemiddeld omtrent 40 t / ha. Die variëteit se kort groeiseisoen, eenvormige knolle, goeie hanteringseienskappe en vermoë om hitte en droogte te hanteer, maak dinge makliker, maar dit hang natuurlik ook af van die grondgesteldheid. Genoeg water is egter die beslissende faktor. Grondgesteldheid in die Rooi Karoo, soos die streek waarin hulle boer bekend staan, is goed vir aartappels. En dit kan lekker warm raak in die somer en 45 ° C is nie ongewoon nie.“ Ons aartappellande is sanderig en goed gedreineer en ideaal vir aartappels.”
VAN PROEFBUIS TOT MOER
Frikkie verduidelik die siklus van moerkwekery en vertel dat dit alles in’ n proefbuis begin waar die eerste generasie knolle gekweek word, aanvanklik piepklein. Dit word dan, soos wat hulle groei, oorgeplant totdat hulle by generasie drie of agt kom. Hy plant generasie 3-knolle. Daar word deurgaans gesorg dat die knolle virusvry bly,’ n vereiste om as moere gesertifiseer te kan word.
0 GROND TOT MOND SEPT 2026