DIVERSIFIKASIE | KLIPFONTEIN
Lambertsbaai geplant en ons het die eerste spilpunt, wat in daardie jare maar skaars was, in 1980 hier op Klipfontein opgesit om die aartappels te besproei. Ons het in 1989 hier begin boer en in 2000 op Klipfontein Boerdery en Koelkamers ingetrek toe die koelkamer opgerig is.” Tans plant hulle sowat 25 ha aartappels, hoofsaaklik weens’ n tekort aan voldoende water. In 2023 / 24 het hulle sowat 16 ha geplant, maar sedertdien gaan dit weer beter, hoewel hulle water na die landerye moet pomp,’ n duur operasie.
“ Ons aartappellande is sanderig en goed gedreineer en ideaal vir aartappels.”
“ En ons plant net een keer per jaar, in die winter, sodat die aartappels genoeg natuurlike water kan kry. Ons begin in Maart en April en haal dan in Augustus en September uit. Die aartappels word in rye geplant wat 760 mm uitmekaar is en sowat 50 000 knolle word 240 mm uitmekaar op elke hektaar met’ n planter geplant.”
MOERE EERDER AS TAFELAARTAPPELS
“ Ons plant hoofsaaklik twee variëteite, Avalanche en Foxy, en dit werk goed vir ons. Ons is hoofsaaklik moerkwekers en plant nie tafelaartappels nie. Ons plant dus sekere kultivars en verskaf die knolle aan ander aartappelboere.’ n Mens kyk maar wat werk op die plaas en wat nie. Hierdie kultivars is die beste vir ons afset en daar is’ n konstante aanvraag. Avalanche doen goed in die Sandveld, maar nuwe kultivars kom gereeld op die mark.”
SEPT 2026 GROND TOT MOND 83