Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 82

KLIPFONTEIN | DIVERSIFIKASIE

Bo: Aartappels in sakkies is gereed vir kopers om te kom afhaal.

Frikkie vertel dat hy nie eintlik plaas toe wou kom nie en eerder in hul hotel op Elandsbaai wou werk, maar hy is aangesê om te kom boer. Ná matriek en sy diensplig is hy in 1984 toe soontoe, iets waaroor hy vandag nie spyt is nie.“ My pa se hart was op Klipfontein, en hy het gebly waar Maans vandag woon. Onderverdelings het gevolg en ons bly ook op’ n Klipfontein, ook bekend as Nuweplaas Klipfontein.”

AARTAPPELS WORD DEEL VAN DIE BOERDERY

“ Ons reis met aartappels het daardie jare al op Elandsbaai begin. My broer het aartappels op Elandsbaai en

82 GROND TOT MOND SEPT 2026