Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 79

DIVERSIFIKASIE | KLIPFONTEIN

“ Maar dit het baie vir Pa beteken in die boerdery en dit is een van die redes hoekom die boerdery so suksesvol is,” beaam Frikkie se seun, Erick, terwyl ons om die tafel in die voorhuis van Klipfontein Boerdery en Koelkamers buite Eendekuil gesels. Onder die tafel lê’ n wyfiekat, ja, ook Frikkie en een van omtrent vyf“ Frikkies” in die familie, rustig in die laatwintersonnetjie, terwyl skoondogter Elana’ n wakende oog oor die gesprek hou. Sy is immers daarvoor verantwoordelik dat die boeke van die besigheid klop en daar kan nie sommer enigiets gesê word nie.“ Hier is baie Frikkies in die familie, Wit en Rooi, Lelik en Mooi Frikkies... dit raak een te veel,” spot Frikkie en’ n mens kom sommer gou agter dat sy humor vlak lê en dat jy moet fyntrap.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 79