Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 80

KLIPFONTEIN | DIVERSIFIKASIE

Bo: Aartappelsorteerders word gebruik om die aartappels in verskillende klasse te verdeel.

VAN KREEFBAKKIES TOT KLIPFONTEIN

Sy pa, Willie, en ma, Jacoba, het in die 1950’ s na Elandsbaai gegaan om kreef te vang en het daar’ n lewe begin uitkap.“ Toe ek en my twee broers, ons is’ n drieling, Maans, die oudste, Ponkie en ek, die jongste, nog klein was, het ons alleen met die kreefbakkies seetoe geroei om kreef te gaan vang. Daar het ons van harde werk geleer en hoe om te oorleef,” vertel Frikkie. Hulle was sewe kinders en almal leef nog, met die drieling Frikkie, Maans en Ponkie wat almal naby mekaar boer.“ Ons het op Elandsbaai grootgeword en aanvanklik daar skoolgegaan en later op Piketberg, maar as ek op Elandsbaai gebly het, was ek vandag nog in die skool,” spot hy as hy na sy jongdae op die see verwys.

80 GROND TOT MOND SEPT 2026