KORING
“ Ons sal moet werk aan die pryse en tariewe wat ons onnodig vir koring betaal en die regering moet daarby ingryp,” sê hy.
GRAAN SA VRA DRINGENDE OPTREDE
Graan SA vra vir’ n gekoördineerde reaksie wat onder meer die volgende insluit:
• bekostigbare indeksgebaseerde en multirisikooesversekering vir droëlandprodusente;
• openbare-private ondersteuning vir oesversekeringspremies;
• groter gebruik van reënval-, satelliet-, grondvog- en weerstasiedata;
•’ n responsiewe koringtarief- en regulatoriese omgewing;
• voortgesette investering in teling, genetika en agronomiese navorsing; en
• markmeganismes wat doeltreffende prysontdekking moontlik maak.“ Die vraag wat Suid-Afrika eenvoudig moet beantwoord, is: Beskou ons plaaslike koringproduksie as strategies belangrik, en wat is ons bereid om te doen om plaaslike produsente in besigheid te hou?” vra Doyer. Hy waarsku dat optrede nie uitgestel kan word nie.“ Suid-Afrikaanse koringprodusente vra nie om sonder risiko te boer nie. Maar daar kan nie van hulle verwag word om’ n toenemende kombinasie van klimaat-, produksie- en markrisiko alleen te dra nie.“ As ons wag totdat produsente reeds die bedryf verlaat het, sal dit veel moeiliker en baie duurder wees om daardie produksievermoë te herbou as om dit nou te beskerm.”
SEPT 2026 GROND TOT MOND 77