Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 76

KORING

kan grond of kapitaal toenemend na vee, alternatiewe gewasse of ander ondernemings verskuif waar die balans tussen risiko en opbrengs gunstiger is. Rossouw sê dié ekonomiese keuses is reeds op plaasvlak sigbaar.“ Op die oomblik verdien lupiene meer geld as koring. En dis ironies. Jou graan vir dierevoer is duurder as broodkoring vir menslike gebruik.” Wanneer produsente, masjinerie, infrastruktuur en kundigheid die koringbedryf verlaat, kan dié produksievermoë nie eenvoudig weer aangeskakel word nie. Navorsing deur BFAP beraam dat Suid-Afrika se koringwaardeketting ongeveer R70 miljard tot R75 miljard tot die ekonomie bydra en sowat 90 000 werkgeleenthede ondersteun. Koringgebaseerde produkte word deur ongeveer 96 % van Suid-Afrikaanse huishoudings verbruik.

MARKRISIKO BLY DEEL VAN DIE KNYPTANG

Klimaatsrisiko is boonop nie die enigste druk op plaaslike koringprodusente nie. Rossouw sê pryse word sterk deur internasionale vraag en aanbod, wêreldvoorrade en invoerpryse bepaal.“ Alles werk deur SAFEX en ons is aan vraag en aanbod, die buiteland se pryse en voorraad op die wêreldmarkte uitgelewer. As daar baie voorraad is en dit goedkoop ingevoer kan word, betaal hulle ons niks meer as daardie pryse nie.” Van Wyk meen daar moet ook na die prys- en tariefomgewing vir plaaslike koring gekyk word.

76 GROND TOT MOND SEPT 2026