Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Página 74

KORING

“ Die regering kan nie voortgaan om klimaatsrisiko bloot as die produsent se probleem te beskou nie,” sê Doyer.“ Wanneer’ n produsent ondergaan, verloor Suid-Afrika nie bloot daardie individuele onderneming nie. Ons verloor produksievermoë, werkgeleenthede, vaardighede, infrastruktuur en uiteindelik’ n groter mate van ons voedselsekerheidsweerbaarheid.”

“ As ons wag totdat produsente reeds die bedryf verlaat het, sal dit veel moeiliker en duurder wees om daardie produksievermoë te herbou as om dit nou te beskerm.”

Graan SA vra nie dat produsente teen normale besigheidsrisiko beskerm of’ n wins gewaarborg moet word nie, maar vir’ n vennootskap tussen die regering, produsente, versekeraars en die landbouwaardeketting om te voorkom dat buitengewone klimaatsrisiko lewensvatbare produsente uit produksie dwing.

DIVERSIFIKASIE WORD AL BELANGRIKER

Die druk op graanproduksie is ook sigbaar in hoe produsente hul ondernemings struktureer. Op Goedemanskraal buite Eendekuil het Avi van Wyk in sy eerste Swartland-seisoen sowat 1 300 ha binne’ n maand geplant. Toe Grond tot Mond hom besoek het, was die reën reeds’ n groot bron van kommer.“ Die gesaaides is kort, die bure s’ n is lank, maar ons is in dieselfde moeilikheid,” sê Van Wyk. Hy ontwikkel terselfdertyd ander inkomstestrome, waaronder sitrus, rooibos, vee en moontlike besproeiingsgewasse.

74 GROND TOT MOND SEPT 2026