Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 73

KORING

onderdeur in terme van die reën. Dan moet jy die vierde jaar weer die moed hê om voor te begin en weer te saai.” In 2017 het hulle volgens hom net sowat 100 kg geoes –“ omtrent net saad wat ons teruggeoes het”.“ As jy net terugkry wat jy ingesit het, is almal mos tevrede. Jou skuld is betaal en jy het nog’ n jaar gelewe, maar as jy ingesit het en niks of baie min terugkry, is dit wanneer die moeilikheid begin,” sê Rossouw. Produsente het oor jare met bewaringslandbou, verbeterde grondgesondheid, beter watergebruiksdoeltreffendheid en nuwe genetika op hierdie druk gereageer. Deur SACTA het produsente ongeveer R986 miljoen tot teling en tegnologie bygedra, wat tot die vrystelling van 231 nuwe variëteite, waaronder 66 koringvariëteite, gelei het. Daar is egter’ n beperking op wat beter boerderypraktyke kan bereik. Produsente kan water beter bestuur. Hulle kan nie reën vervaardig nie.

OESVERSEKERING MOET PRIORITEIT WORD

Graan SA meen bekostigbare en betekenisvolle oesversekering moet’ n nasionale landbouprioriteit word. Landbouversekeringsprodukte bestaan reeds, maar betekenisvolle multirisiko- of opbrengsgebaseerde dekking bly vir baie droëlandprodusente met klein marges onbekostigbaar of ontoeganklik. Vooruitgang in weerstasies, satellietinligting en grondvogmonitering maak meer gesofistikeerde risikoprodukte moontlik. Wat volgens Graan SA ontbreek, is die skaal en openbare-private ondersteuning om hierdie meganismes bekostigbaar te maak.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 73