Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 70

KORING

“ Die Swartland-produsente is in die moeilikheid. Dit gaan nie bloot oor een droë tydperk of een moeilike seisoen nie. Marges is reeds oor etlike jare uitgekalwe, produksierisiko’ s neem toe en produsente het baie min finansiële buffer oor wanneer die reën wegbly,” sê Graan SA se uitvoerende hoof, dr. Tobias Doyer.

’ N SEISOEN WAT DRAMATIES VERANDER HET

Die Swartland het die 2026-produksieseisoen met bemoedigende reënval begin. Streeksdata wat deur Overberg Agri verskaf is, toon dat ongeveer 176 mm reën gedurende April en Mei aangeteken is, teenoor’ n tienjaargemiddeld van ongeveer 66 mm. Produsente het geplant, kunsmis toegedien en beduidende produksie-uitgawes aangegaan. Daarna het die toestande dramaties verander.

65 % Sóveel het direkte insetkoste tussen 2016 en 2026 volgens plaasvlaksyfers gestyg, teenoor’ n geraamde 36 % styging in die plaashekprys van koring.

Van Junie tot Augustus is slegs ongeveer 43 mm reën aangeteken, teenoor’ n tienjaargemiddeld van ongeveer 202 mm – byna 79 % onder die gemiddelde. Vir droëlandproduksie is die tydsberekening en verspreiding van reën net so belangrik soos die totale hoeveelheid. Die gebrek aan vog is nou kritiek omdat die

70 GROND TOT MOND SEPT 2026