Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 69

KORING

’ n afname in hektare wat aangeplant is. Opvolg-reën is dringend nodig. Dit is ook wat produsente tydens Grond tot Mond se onlangse besoek aan die Eendekuil-omgewing beklemtoon het. Op Ruigtevlei, aan die voet van die Piekenierskloofberge, het Cassie Rossouw gesê die graan het op daardie stadium nog goed vertoon, maar dat die situasie vinnig kritiek raak.“ Die graan lyk op die oomblik nog goed en die are in die koringlande is gesond, maar opvolgreën is nou noodsaaklik om te verseker dat die are nog groei en die korrels reg vorm,” sê Rossouw. Volgens Graan SA ontbloot die huidige situasie egter’ n groter probleem: Suid-Afrikaanse graanprodusente dra toenemend klimaat- en produksierisiko wat ekonomies nie meer alleen geabsorbeer kan word nie.

79 % minder reën

Van Junie tot Augustus het net sowat 43 mm geval, teenoor die tienjaargemiddeld van 202 mm.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 69