KORING
Koring se toekoms vra beter risikobestuur
Ernstige reëntekorte knou die Swartland se koringoes en sommige produsente meen dat’ n beduidende deel van hul oespotensiaal reeds verlore is. Graan SA waarsku dat produsente nie langer alleen die toenemende klimaat- en produksierisiko kan dra nie en vra dat bekostigbare oesversekering’ n nasionale landbouprioriteit word.
25 – 30 % van die Swartland se oespotensiaal kan volgens sommige produsente reeds verlore wees.
Graan SA het ernstige kommer uitgespreek oor die verslegtende toestande in die Swartland, waar graanprodusente nóg’ n uiters moeilike produksieseisoen beleef. Sommige produsente beraam dat 25 % tot 30 % van hul oespotensiaal reeds verlore kan wees, bo en behalwe
68 GROND TOT MOND SEPT 2026