Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 67

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

’ n Ou gebruik met nuwe waarde

Die kompetisie bring uiteindelik iets baie oud en iets baie modern bymekaar. Hemelhuijs vang vrugte van die familieplaas op hul beste in’ n fles vas. Wildebraam gebruik vries- en verwerkingstegnologie om’ n kort bessieseisoen oor die hele jaar te rek. Nuts about Garlic wys hoe’ n rou landbouproduk die vertrekpunt vir’ n groeiende familiehandelsmerk kan word. Laastedrift beweeg van grootskaalse primêre produksie na verwerking, privaatetikette en sy eie handelsmerk. Ko-Ria wys weer dat’ n veel kleiner onderneming met’ n goeie produk ook sy plek op die beoordelaarstafel én in die mark kan verdien. Preserveerwerk is dus steeds wat dit nog altyd was:’ n manier om’ n oes te bewaar. Maar dit is terselfdertyd’ n manier om vermorsing te beperk, raklewe te verleng, nuwe markte te skep en meer waarde uit landbouprodukte te haal. Of, soos Chris Fourie dit tydens die prysuitdeling gestel het:“ Julle gee smaak aan die lewe.”

VEELVULDIGE WENNERS

Elana’ s Preserves het besonder sterk vertoon met 12 SA Champion-produkte, gevolg deur Wildebraam met 10. Lessing Konfyte & Bakkery en Miami het elk agt opgelewer, PEPPADEW / Peppadew International en Pesto Princess Foods elk vyf, en Creative Cuisine Pantry vier. Hemelhuijs, Ko-Ria Products, Laastedrift True Roots, Nuts about Garlic, Chaloner en Epa! Sauces & Pesto’ s het elk drie SA Champion-produkte gehad. Onder die 13 kategoriewenners het Hemelhuijs die konfyt- én marmeladekategorie gewen, Lessing Konfyte & Bakkery die smeer- en gepekelde-vrugtekategorie, en Miami die atjar- en gepekelde-groentekategorie.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 67