SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
Bo: Ria Koegelenberg( links) saam met Thembisile Buthelezi van The Consol Shop – an Ardagh Glass Packaging Company. Ko-Ria Products se Strawberry Jam het’ n SA Championtoekenning ontvang, terwyl hul Three Bean Salad as beste in die Vegetables in Sauce-kategorie aangewys is. Hul Sousboontjies was ook onder die bekroonde produkte.
’ n Plakker met bemarkingswaarde
’ n SA Champion is ook nie bloot’ n medalje wat aan elke produk bo’ n sekere punt toegeken word nie. Dit gaan aan die beste produk in sy spesifieke klas, terwyl die Suid- Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar uit die beste presterende produkte aangewys word. Die kampioenplakker wat op’ n wenproduk gebruik kan word, bring weer’ n ander voordeel: dit help’ n produk om op’ n oorvol winkelrak uit te staan en gee die verbruiker’ n aanduiding dat die inhoud onafhanklik beoordeel is. Daarom is Natalie Turck se eenvoudige beskrywing daarvan nogal raak:“ Nou sien mense die stiekertjie en weet dis beproef.”
66 GROND TOT MOND SEPT 2026