SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
Beet is reeds een van Laastedrift se belangrikste waardetoegevoegde produkte.“ Beet doen baie goed, want mense wil dit nie meer self kook nie,” sê Rossouw. Daar word ook met onder meer patats en botterskorsie geëksperimenteer, met verskeie nuwe produkte reeds in ontwikkeling. Die uitbreiding het volgens Rossouw meer as 30 addisionele werksgeleenthede geskep, benewens gespesialiseerde poste in onder meer ingenieurswese, voorsieningskettingbestuur en produkontwikkeling. Die drie bekroonde True Roots-produkte verteenwoordig dus veel meer as net’ n produk op die winkelrak: dit is die eindpunt van’ n waardeketting wat by produksie begin en deur verwerking, verpakking en logistiek tot by’ n eie handelsmerk strek. Dit skep ook’ n interessante kontras met Ko-Ria: die een is’ n groot geïntegreerde landbou-onderneming, die ander’ n kleiner onderneming wat gedurende Covid ontstaan het. Tog het albei drie SA Champion-produkte opgelewer.
MEER AS’ N MEDALJE
Die waarde van deelname eindig nie by’ n trofee of’ n kampioenplakker nie. Beoordelaars lewer skriftelike kommentaar op die produkte wat hulle beoordeel en dié terugvoer word later aan vervaardigers beskikbaar gestel. Vir’ n klein onderneming sonder’ n eie professionele produkontwikkelingspan kan sulke onafhanklike terugvoer waardevolle leiding bied. Vir’ n groter vervaardiger bied dit weer’ n maatstaf waarteen’ n bestaande produk beoordeel kan word.
SEPT 2026 GROND TOT MOND 65