KORING
koring reeds geblom het en die pitte moet ontwikkel. Rossouw, wat sedert 1989 in die gebied boer, meen die reënpatroon het ook verander. Waar die optimale saaityd vroeër vanaf Paasnaweek tot in Mei gestrek het, het betekenisvolle reën die afgelope paar jaar al hoe later gekom. In droë toestande begin syhalms afsterf, wat beteken dat minder are uiteindelik tot die opbrengs bydra.“ Die koring moet nou pitte vorm omdat dit klaar geblom het, maar vog is daarvoor nodig,” verduidelik Rossouw. Die warm, droë noordoostewind kan die situasie verder vererger en koring binne enkele dae uitdroog, juis gedurende Augustus en September wanneer die are ontwikkel. Teen dié tyd is die grootste deel van die produksiekoste reeds aangegaan. Saad, kunsmis, diesel, arbeid, finansiering en gewasbeskerming kan nie verhaal word wanneer die reën wegbly nie.
AL MINDER RUIMTE OM VERLIESE TE ABSORBEER
Terselfdertyd krimp die finansiële marge waarmee hierdie risiko gedra kan word. Plaasvlaksyfers wat deur’ n Swartland-produsent aan Graan SA verskaf is, toon dat direkte insetkoste tussen 2016 en 2026 met ongeveer 65 % toegeneem het, terwyl die geraamde plaashekprys van koring met slegs ongeveer 36 % gestyg het. Dit sluit nie die volle styging in masjinerie-, onderhouds-, arbeids-, finansierings- en kapitaalkoste in nie. Vir Rossouw is die risiko van swak reënjare allesbehalwe teoreties.“ In my tyd is ons al deur drie siklusse. In die drie jaar agtermekaar, 2003, 2004 en 2005, is ons basies
SEPT 2026 GROND TOT MOND 71