SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
Bo: Waardetoevoeging begin reeds op die plaas. Laastedrift verwerk toenemend sy eie vrugte en groente en vervaardig produkte vir privaatetikette sowel as sy eie True Rootshandelsmerk.
VAN MEGABOERDERY TOT EIE HANDELSMERK
Laastedrift se landbougeskiedenis strek oor geslagte, maar waardetoevoeging het die afgelope paar jaar’ n al groter rol begin speel. Toe Grond tot Mond die onderneming vroeër besoek het, het Rossouw Cillié reeds dié filosofie beklemtoon:“ Jy moet die ketting tussen jou en die verbruiker so kort as moontlik hou.” Sowat vyf jaar gelede het Laastedrift begin om meer van sy eie vrugte en groente te verwerk.“ In plaas daarvan dat jy net meer vermorsing op jou produkte het, het ons gesê ons kan die produkte wat ons het, maksimeer,” sê Rossouw.
62 GROND TOT MOND SEPT 2026