SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
Wildebraam het in 1998 begin en het oor die jare van bessielikeur uitgebrei na konfyte, blatjang, brandrissieprodukte en ingelegde groente. Die plaas is 12 ha groot, waarvan sowat 5 ha onder bessies is, terwyl vrugte ook by ander produsente ingekoop word. Omdat bessies hoogs seisoenaal is, word groot hoeveelhede gevries vir verwerking deur die jaar.“ Ek het vyf massiewe vrieskamers en dis’ n groot uitgawe,” sê Natalie. Só word’ n kort oesvenster omskep in produkte wat lank ná die vars bessieseisoen nog verkoop kan word.
Bo: Wildebraam Berry Estate van Swellendam het vanjaar tien SA Champion-produkte opgelewer, van konfyt en preserveerprodukte tot blatjang en brandrissieprodukte. Regs: Agter, van links, is Danie Lessing, Nicolet Smit en Natan Lessing, met Ina Lessing voor. Lessing Konfyte & Bakkery het sewe kategorie-toekennings ingepalm en die kategorieë Fruit Curd met hul Passionfruit Curd en Pickled Fruit met hul Curry Peaches gewen.
SEPT 2026 GROND TOT MOND 61