Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 60

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

Bo: Dertien produkte is as kategoriewenners by die 2026 Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe aangewys. Hier is die kategoriewenners saam met die organiseerders en vennote van die geleentheid. Foto: Agri-Expo / A Gorman Photography.

WILDEBRAAM SE TIEN KAMPIOENE

Wildebraam Berry Estate van Swellendam het vanjaar tien SA Champion-produkte opgelewer, van konfyte en preserveerprodukte tot blatjang en brandrissieprodukte. Grond tot Mond het ná die toekennings met Natalie Turck van Wildebraam gesels. Sy sê die groter oes van toekennings het deels gekom omdat hulle eenvoudig meer produkte ingeskryf het.“ Verlede jaar het ons miskien net tien produkte ingeskryf en vyf gewen, maar hierdie jaar het ek nou geleer: jy moet maar meer inskryf, en dalk wen jy dan’ n bietjie meer.” Vir haar lê die waarde egter nie net in bemarking nie.“ Dis erkenning, nie net vir Wildebraam nie, maar vir die mense wat die goed maak,” sê Natalie. Die kampioenplakker help volgens haar ook om vertroue by kopers te skep.

60 GROND TOT MOND SEPT 2026