SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
Die begin was klein: in die eerste jaar is net 59 botteltjies verkoop. Teen 2025 het produksie tot meer as 15 000 bottels gegroei. Die onderneming verbou’ n deel van sy knoffel self en verkry die res sover moontlik plaaslik. Amandels van die familie se boerdery word ook in sommige produkte gebruik.“ Ons glo dat’ n goeie eindproduk by’ n goeie rou produk begin,” sê David Malan van Nuts about Garlic. By vanjaar se Preserveerkampioenskappe het dié fokus op gehalte vrugte afgewerp. Van die nege produkte wat ingeskryf is, het agt’ n plasing behaal, waaronder drie SA Champions: Garlic & Jalapeño Stuffed Olives, Pickled Garlic Herb en Smoked Pickled Garlic Jalapeño.“ Wanneer jou produk deur onafhanklike beoordelaars teen ander produkte beoordeel word en daardie erkenning kry, bevestig dit dat die kwaliteit waaraan jy so hard werk, raakgesien word,” sê Malan.
SEPT 2026 GROND TOT MOND 0