Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 58

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

Tog het drie Ko-Ria-produkte vanjaar SA Champion-status behaal: Strawberry Jam, Sousboontjies en Three Bean Salad. Laasgenoemde het verder gegaan en die kategorie vir groente in sous gewen. Aan die ander kant van die produksieskaal staan’ n onderneming soos Laastedrift, met groot landbouproduksie, professionele produkontwikkeling, tegnologie, verwerkingsfasiliteite en toegang tot nasionale kleinhandelaars. Hoe beoordeel’ n mens dus’ n klein onderneming soos Ko-Ria teen’ n groot geïntegreerde landbouonderneming soos Laastedrift? Eintlik beoordeel’ n mens nie die ondernemings teen mekaar nie. Jy beoordeel die produkte. Die beoordelaar weet nie of die lepelvol voor hom of haar uit’ n klein produksiekombuis of uit’ n groot voedsel-verwerkingsaanleg kom nie. Die aantal hektare, bemarkingsbegroting en verspreidingsnetwerk verdwyn saam met die etiket. Wat in die fles is, moet op eie meriete presteer.

VAN PLAASPRODUK TOT BEKROONDE REEKS

Nuts about Garlic het in 2020 as’ n klein familieonderneming ontstaan toe die gemengde boerdery begin soek het na maniere om meer waarde tot sy eie landbouprodukte toe te voeg. Knoffel het vinnig die fokus geword vanweë die gewas se veelsydigheid en die geleentheid om iets anders as die gewone knoffelprodukte te ontwikkel.

0 GROND TOT MOND SEPT 2026