Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 57

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

winkels, by padstalle en markte of aanlyn, en die produkte moet in Suid-Afrika vervaardig word en aan toepaslike voedselveiligheidsvereistes voldoen. Produkte word blind en volgens streng prosedures deur verskeie beoordelaars geëvalueer, wat ondernemings van uiteenlopende groottes op gelyke voet laat meeding.

Klein onderneming, groot erkenning

Ko-Ria Products van Goodwood is’ n goeie voorbeeld. Die naam kom eenvoudig van Kobus en Ria Koeglenberg se name. Ria vertel dat die onderneming gedurende Covid uit nood begin het en nou sowat ses jaar oud is. Die onderneming word steeds deeltyds bedryf. Bedags is Ria’ n nasorghoof by’ n laerskool.“ Ons fokus op gebottelde slaaie. Ons bottel omtrent alles wat jy kan kry, en dan het ons ook konfyte en groen vye,” sê Ria. Die produkte word by’ n paar padstalle en direk van hul huis verkoop.