SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
“ Vandag se rykdom is stories.” Volgens hom het talle preserveerondernemings uit nood ontstaan en later gegroei tot besighede wat families onderhou en werk skep. Tradisie en vernuwing het vanjaar saam op die proetafel beland, van konfyt en blatjang tot gevulde olywe en ingelegde jalapeños. Vir produsente het preserveerwerk ook praktiese waarde.“ Dis deel van ons koskultuur en ook’ n noodsaaklikheid vir die produksiesiklus in landbou,” sê Jacques Erasmus. Verwerking verleng raklewe, beperk vermorsing en voeg waarde tot’ n oes.
WANNEER KLEIN EN GROOT BLIND GEPROE WORD
Een van die interessantste aspekte van die Preserveerkampioenskappe is dat ondernemings van uiteenlopende groottes op dieselfde verhoog meeding. Inskrywings moet kommersieel aan die publiek beskikbaar wees, hetsy in