Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 53

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

Bo: Nuts about Garlic het drie SA Champions opgelewer: Garlic & Jalapeño Stuffed Olives, Pickled Garlic Herb en Smoked Pickled Garlic Jalapeño.

“ Ons is’ n familiebesigheid. Ons moeder produseer al ons produkte vir ons en hierdie prys is haar eer vandag,” vertel Jo-Mari. Hemelhuijs, wat in 2009 gestig is, fokus op seisoenaliteit, tradisionele metodes en die herkoms van bestanddele. Die preserveerprodukte word in klein hoeveelhede, sonder bymiddels of kunsmatige geure, in tradisionele koperkonfytpanne gemaak.

Meer kuns as wetenskap

Vir Jo-Mari se broer, sjef Jacques Erasmus, lê die kuns van konfytmaak daarin om die beste eienskappe van die vrug na vore te bring.“ Konfytkook is meer van’ n kuns as’ n wetenskap,” sê hy. Goeie konfyt verg noukeurige aandag aan die gehalte van die vrugte, die suikerinhoud,

SEPT 2026 GROND TOT MOND 53