SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE
HEMELHUIJS VAT DIE KROON
Heel bo het Hemelhuijs se Hedgerow Berry Jam geëindig as die 2026 Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar.“ Hemelhuijs Hedgerow Berry Jam is op elke sensoriese vlak uitsonderlik,” sê hoofbeoordelaar Susina Jooste. Sy het onder meer die konfyt se voorkoms en kleur, diep rooi bessiesmaak en-geure, afgeronde mondgevoel, ideale verhouding tussen stroop en vrugte en gebalanseerde soet-suurprofiel uitgesonder.
’ n Familieproduk uit Montagu
Vir Jo-Mari Erasmus van Hemelhuijs was die uitslag onverwags.“ Dit was’ n geweldige voorreg en iets wat ek glad nie verwag het nie,” sê sy. Die wenproduk se verhaal begin op die familie se Jonkmanshof-plaas in Montagu, waar die bestanddele self gekweek en verwerk word.
Onder: Ko-Ria Products se Three Bean Salad het SA Champion-status én die kategorie vir groente in sous gewen.
52 GROND TOT MOND SEPT 2026