Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 51

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

Van links is Breyton Milford van Agri-Expo, Jo-Mari Erasmus van Hemelhuijs en Chris Fourie, president van Agri-Expo. Foto: A Gorman.

Altesaam 85 vervaardigers het vanjaar 700 produkte ingeskryf, wat deur’ n paneel van 61 beoordelaars in meer as 100 klasse beoordeel is. Uit dié inskrywings is 113 produkte van 43 vervaardigers as SA Kampioene in hul onderskeie klasse aangewys, terwyl 13 produkte as kategoriewenners uitgestaan het. Die kompetisie groei vinnig: in sy eerste jaar, 2025, het 66 vervaardigers 456 produkte ingeskryf. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bevestig dié groei die behoefte aan’ n platform waar gevestigde, kleiner en opkomende vervaardigers hul produkte kan meet. Verlede jaar het Compagniesdrift se Makataan Chunks die algehele titel gewen; vanjaar het Hemelhuijs se Hedgerow Berry Jam die kroon gedra.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 51