Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 54

SA PRESERVEERKAMPIOENSKAPPE

Bo: Lessing Konfyte & Bakkery het onder meer die smeer- en gepekelde-vrugtekategorieë gewen.

natuurlike pektien, die soet-suur-balans en uiteindelik die stolling.“ Die rede hoekom mens konfyt maak, is om die beste van’ n vrug in sy piekseisoen te maak en hierdie eienskappe en kwaliteit na vore te bring,” sê hy. Hedgerow Berry Jam het ook die konfytkategorie gewen, terwyl Hemelhuijs Kumquat Conserve as kategoriewenner vir marmelade aangewys is. Hemelhuijs Jonkmanshof Marmalade het boonop SA Championstatus ontvang.

TRADISIE KRY NUWE LEWE

Preserveerwerk is lank reeds deel van Suid-Afrikaanse koskultuur en familie-erfenis. Chris Fourie, president van Agri-Expo, het dié verbintenis beklemtoon:

54 GROND TOT MOND SEPT 2026