Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 35

BROKKIES | NUUS

sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. Volgens Van Zyl wil die organisasie’ n sterk openbare mandaat opbou voordat verdere besluite oor die voorgestelde wetgewing geneem word. TLU SA voer aan dat wetsgehoorsame burgers geraadpleeg moet word wanneer veranderinge oorweeg word wat hul vermoë om vuurwapens wettig te besit en te gebruik, kan beïnvloed.

“ Hierdie wetsontwerp raak nie net vuurwapeneienaars nie.”

Die wysigings is nog nie finaal nie. Die regering se wetgewende program bepaal dat die Firearms Control Amendment Bill gedurende die 2026 / 27-boekjaar verder met belanghebbendes bespreek en vir parlementêre behandeling voorberei moet word.

TLU SA sê die steun wat deur die veldtog ingesamel word, sal gebruik word om sy toekomstige voorleggings en deelname aan dié proses te versterk.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 35