Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 36

NUUS | BROKKIES

Makadamiaboere vas tussen groot oes en trae mark

’ n Groot makadamia-oes behoort goeie nuus te wees, maar vir Suid-Afrikaanse produsente het die 2026- seisoen in’ n moeilike balans tussen stygende produksie, swak internasionale vraag en toenemende voorraad verander.

Slegs sowat die helfte van Suid-Afrika se 2026-makadamia-oes is tot dusver verkoop, terwyl China, tradisioneel die bedryf se belangrikste mark vir neute-indop, sy aankope aansienlik verlangsaam het. Volgens’ n onlangse verslag deur FreshPlaza het die internasionale vraag nie tred gehou met die groter volumes wat nou op die mark kom nie.

Die groot verandering lê in China self. Die land was jare lank’ n enorme afsetmark vir Suid-Afrikaanse makadamias, maar het intussen ook die wêreld se grootste produsent geword. China se 2026-oes word op sowat 108 000 t neutein-dop geraam. Suid-Afrika, China, Australië en verskeie ander produserende lande het die afgelope jare hul aanplantings uitgebrei, met baie jong boorde wat nou eers volle produksie begin bereik.

VOORRAAD BEGIN OPHOOP

Die gevolg is dat aanbod vinniger groei as die mark wat dit moet absorbeer. Volgens FreshPlaza word sommige voorraad uit die 2025-seisoen steeds teruggehou in die hoop op beter pryse, terwyl bergingsruimte vir onverkoopte neute onder druk kom. Terselfdertyd bly produsente se insetkoste hoog en is die pryse wat vir sommige neute aangebied word nie voldoende om dieselfde winsgewendheid as in vorige jare te handhaaf nie.

36 GROND TOT MOND SEPT 2026