NUUS | BROKKIES
Veldtog teen voorgestelde vuurwapenwysigings
TLU SA het’ n nasionale veldtog begin om steun te werf teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens. Die organisasie meen die veranderinge kan verreikende gevolge vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapenbesitters hê.
Die veldtog is daarop gemik om die publiek oor die moontlike implikasies van die wysigings in te lig en steun in te samel wat tydens verdere konsultasie en die wetgewende proses gebruik kan word.
“ Hierdie wetsontwerp raak nie net vuurwapeneienaars nie. Dit raak boere, gesinne en landelike gemeenskappe wat daagliks op hul eie verantwoordelikheid vir hul veiligheid en dié van hul werknemers moet instaan,”
0 GROND TOT MOND SEPT 2026