NUUS | BROKKIES
AGOA kry sterk steun maar finale groen lig wag nog
Die African Growth and Opportunity Act( AGOA) het’ n belangrike stap nader aan verdere verlenging beweeg nadat die Amerikaanse Senaat op 8 Augustus met’ n oorweldigende meerderheid van 90 teen 6 ten gunste van wetgewing gestem het wat die handelsprogram tot einde 2028 sal laat voortduur.
Die proses is egter nog nie afgehandel nie. Omdat die Senaat die wetsontwerp gewysig het, moet die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers weer daarmee instem voordat dit aan president Donald Trump vir ondertekening voorgelê kan word.
Vir Suid-Afrikaanse landbou is AGOA steeds belangrik. Die VSA verteenwoordig sowat 4 % van Suid-Afrika se landbou-uitvoer, met uitvoere van meer as’ n halfmiljard Amerikaanse dollar per jaar. Sitrus, rosyne, tafeldruiwe, wyn en neute is onder die produkte wat na dié mark uitgevoer word.
0 GROND TOT MOND SEPT 2026