BROKKIES | NUUS
SABI se kongres het gewys hoe dramaties die gereedskap van landbou verander het, maar die kernvraag bly dieselfde: Hoe gebruik ons’ n beperkte hulpbron beter om volhoubaar voedsel te produseer?
Die antwoord oor die volgende 50 jaar gaan waarskynlik KI, sensors, sonkrag, nuwe ontwerpstandaarde en beter data insluit. Maar dit gaan net soveel afhang van grondkennis, goeie oordeel, samewerking en verantwoordelike waterbestuur.
Want hoe slim die tegnologie ook raak, water bly beperk en die verantwoordelikheid om dit goed te gebruik, bly uiteindelik menslik.
SEPT 2026 GROND TOT MOND 29