NUUS | BROKKIES
WATERWET KAN DIE REËLS VERANDER
Annelize Crosby van Agbiz het die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Waterwet bespreek.
Die huidige wet dateer uit 1998 en die nuwe wetsontwerp stel omvangryke veranderinge voor. Volgens Crosby bevat dit positiewe elemente, waaronder sterker omgewingsbeskerming, maar ook bepalings wat ernstige gevolge vir bestaande besproeiingsondernemings kan hê.
Die belang van besproeiingslandbou moet juis in dié debat in gedagte gehou word.
20 % van Suid-Afrika se graan en oliesade word onder besproeiing verbou.
Een van die voorgestelde veranderings is’ n sogenaamde“ gebruik dit of verloor dit”-beginsel. Waar’ n bestaande wettige watergebruik of lisensie nie ten volle benut word nie, kan’ n gedeelte daarvan moontlik terugval na die staat om weer toegeken te word.
“ Die wetsontwerp bevat positiewe elemente, maar ook bepalings wat ernstige gevolge vir bestaande besproeiingsondernemings kan hê.”
Die wetsontwerp stel ook beperkings op die oordrag van watergebruiksregte teen vergoeding voor en kan bestaande wettige watergebruike wat nog nie na lisensies omgeskakel is nie, raak.
26 GROND TOT MOND SEPT 2026