BROKKIES | NUUS
Vir’ n sektor waar boorde, wingerde, pompe en besproeiingsinfrastruktuur miljoene rande se langtermynbelegging verteenwoordig, raak onsekerheid oor waterregte ook toekomstige investering.
“ Die uitdaging is om transformasie moontlik te maak sonder om bestaande produksievermoë en voedselsekerheid onbedoeld te ondermyn.”
Crosby het terselfdertyd erken dat billiker toegang tot water nodig is. Die uitdaging is om transformasie moontlik te maak sonder om bestaande produksievermoë en voedselsekerheid onbedoeld te ondermyn.
WAT TOPPRODUSENTE ANDERS DOEN
Marco Botha, aanbieder van Megaboere, het praktiese voorbeelde van vooraanstaande Suid-Afrikaanse boere gedeel.
Een melkprodusent wat voorheen kilometers moes stap om weidings self te monitor, gebruik nou satellietdata om onder meer besproeiing, bemesting en weidingsrotasie te bestuur. Die tegnologie gee hom tyd terug om op ander dele van die onderneming te fokus.
By’ n ander onderneming word KI gebruik om’ n foto van’ n vrugtebak te ontleed. Binne nege minute kan’ n verslag oor grootte- en gehalteverspreiding beskikbaar wees wat volgens die onderneming sowat 99 % akkuraat was toe dit met handsortering vergelyk is.
SEPT 2026 GROND TOT MOND 27