Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 21

BROKKIES | NUUS

DIE REËLS VAN BOERDERY HET VERANDER

Chris du Toit het moderne landbou vanuit’ n sakeoogpunt benader.

Twintig jaar gelede was die uitdaging hoofsaaklik om meer doeltreffend te produseer. Vandag moet dieselfde produsent terselfdertyd klimaat, water, energie, mense, tegnologie, markte en kapitaal bestuur.

Die volgende mededingende voordeel gaan daarom volgens hom nie noodwendig die nuutste tegnologie wees nie. Tegnologie kan gekoop word. Die groter voordeel gaan lê in die gehalte van die besluite wat’ n onderneming neem.

66 % van Suid-Afrika se varsprodukteuitvoer gaan na net drie hoofmarkgroepe: die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk en Asië.

’ n Besluit oor besproeiing is immers nie bloot’ n waterbesluit nie. Dit beïnvloed energiegebruik, arbeid, siektedruk, vruggehalte, oestyd en kontantvloei.

Johann Kotzé van Agri SA het dié gedagte verder uitgebrei deur landbou binne die groter geopolitieke stelsel te plaas. Tariewe, oorloë, handelspolitiek, energie, logistiek en dieresiektes beweeg uiteindelik tot op plaasvlak.

Werner van Rooyen van die Fresh Produce Exporters’ Forum het daarop gewys dat sowat 66 % van Suid-Afrika se varsprodukte-uitvoer na net drie hoofmarkgroepe gaan: die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk en Asië. Markdiversifikasie word dus al hoe belangriker.

SEPT 2026 GROND TOT MOND 21