Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 22

NUUS | BROKKIES

Sedert 2021 is sewe nuwe markte vir Suid-Afrikaanse varsprodukte oopgemaak en nege vrugsoorte het toegang tot Asiatiese markte gekry.

Vir besproeiingsboere is dit nie bloot’ n handelskwessie nie.’ n Veranderende mark kan bepaal watter kultivar geplant word, watter gehalte verlang word en uiteindelik hoe water bestuur moet word.

VAN PRESISIE NA INTELLIGENSIE

Toekomskundige Ray de Villiers het gewys hoe kunsmatige intelligensie die volgende groot sprong in landbou kan bring.

Dink aan’ n plaas waar sensors voortdurend inligting oor grondvog, weer, plante en watervloei versamel. KI kan dié data ontleed en uiteindelik self besluit wanneer kleppe oop- of toegemaak moet word, hoeveel water toegedien word en waar aanpassings nodig is.

“ Hoe kragtiger tegnologie word, hoe belangriker word menslike oordeel.”

Sogenaamde agentiese KI kan toenemend binne voorafbepaalde doelwitte self optree, aanpas en uit resultate leer.

Maar De Villiers se boodskap was nie dat die mens uit die boerdery gehaal moet word nie. Hoe kragtiger tegnologie word, hoe belangriker word menslike oordeel.

’ n Stelsel kan baie doeltreffend wees om water te pomp, maar steeds’ n waterbron oorbenut. Die vraag is dus nie bloot of tegnologie iets kan doen nie, maar wat die gevolge daarvan gaan wees.

22 GROND TOT MOND SEPT 2026