Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 20

NUUS | BROKKIES

VYFTIG JAAR SE KENNIS

Isobel van der Stoep se terugblik op die ontwikkeling van besproeiingsontwerp in Suid-Afrika het gewys hoe ver die bedryf gekom het.

SABI is in 1976 gestig, maar die fondamente is vroeër gelê. Namate landbou geëlektrifiseer is, nuwe pypmateriale beskikbaar geraak het en waterinfrastruktuur ontwikkel is, het die behoefte aan opleiding en eenvormige ontwerpstandaarde gegroei.

“ Die uiteindelike uitkoms is veel groter: voedselsekerheid, werkskepping en ekonomiese ontwikkeling.”

Opleiding het’ n belangrike rol in die ontstaan van dié norme gespeel. As mense opgelei word om besproeiingstelsels te ontwerp, moet daar immers’ n gemeenskaplike standaard wees waarvolgens’ n goeie ontwerp beoordeel kan word.

Vandag is die uitdaging om dié kennis verder aan te pas vir hernubare energie, digitale beheer en toenemend gesofistikeerde boerderystelsels.

20 GROND TOT MOND SEPT 2026