Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 92

DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE

Dolfie vertel dat groenafval nou op groot skaal uit Kaapstad na sy terrein aangery word omdat dit nie meer op ander stortingsterreine gestort kan word nie. Hy ontvang dit dan en versnipper dit tot werkbare grootte.“ Ek kry dit goedkoper as wat ek my eie koringstrooi kan gebruik.

MASJIENE, WURMS EN KOOLSTOFKREDIETE

“ Dan word dit in’ n tipe broeikas geplaas – lang, statiese hope waar die afbrekingsproses vir omtrent’ n maand duur. Daarna oes ons dit uit die broeikaste en pak dit in windrye met’ n komposmasjien wat dit omdolwe. Hierdie masjien is deur ons self ontwerp en gebou met die hulp van Agrimark op Malmesbury. Dit beweeg teen sowat 300 m / uur wydsbeen oor die rye kompos en word aangedryf deur’ n New Holland T7040-trekker met’ n creeper-ratkas. Vir die eerste dag daarna is daar’ n ligte reukie in die lug, maar as dit dan later genoeg suurstof kry en die mikrobes aan die werk spring, verdwyn die reuk.”

“ Ek begin nou ook met vermikompos eksperimenteer.

10 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025