Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | страница 91

DIVERSIFIKASIE | DOLFIE WALTERS

Dolfie se seun, Hendre, beter bekend as“ Chicken”, het van’ n paar plaashoenders op laerskool gegroei tot een van die land se belowendste jong skouhoendertelers. Hy teel 16 verskillende rasse, waaronder Orpingtons, Sussex, Wyandotte, Ameraucana en Serama, en wen gereeld pryse by groot skoue. By vanjaar se Wes-Kaapse pluimveeskou het hy 19 eerste plekke en 3 raskampioene ingepalm, en by die SA Kampioenskappe in Bloemfontein nog twee raskampioene.“ Elke ras het sy eie standaarde – van kleur en grootte tot houding,” sê Hendre, wat selfs sy ma se haardroër gebruik om sy hoenders mooi voor skoue te kry.

Lewende kompos is kompos waar’ n minimum getal voordelige organismegroepe, met goeie diversiteit, teenwoordig is. Dooie kompos, daarenteen, is die inhoud van’ n sak kompos waar die insetmateriale beperk was en waar slegs bakterieë voorkom. Sulke kompossakke het meestal geen ventilasiegate nie, wat beteken die organismes is dood of slegs in spoorvorm.

“ Die voordele van lewende grond is grootliks finansieel: dit lei tot beter oeste, minder of geen onkruid, minder arbeid en’ n kleiner behoefte aan kunsmis of gifstowwe,” verduidelik hy die produk wat deur Dolfie voorsien word.

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 91